Geniet 'n wegbreek in die Waterberge!

GASTEPLAAS is geleë tussen Naboomspruit en Nylstroom ongeveer 1.5 ure vanaf Pretoria.

GASTEPLAAS het bekostigbare akkommodasie en ‘n lieflike kampeer terrein ideaal vir ‘n wegbreek naweek en hengel. Die damrekord vir Karp is tans 14kg op konvensionele hengel. Dink net wat op spesiehengel verwag kan word!

Bespreek vroegtydig. Besoek ons Facebook blad vir meer inligting en fotos.

www.facebook.com/Gasteplaas

Kontak: Dené Muller vir Pryslys en beskikbare datums.

Sel: 073-041 4353 of e-pos denemuller2@gmail.com

DAMHUIS TE HUUR

'n Damhuis is teen die water te huur vir 6 persone. Ideaal vir ontspanning en hengel.

2-slaapkamer huis met badkamer, buite stort, beddegoed, water, elektrisiteit en boma-braai.

Volledige selfsorg kombuis en heerlike groot stoep.

Die damhuis is langs een van ons privaat plaasdamme geleë. Die dam is so 40 jaar oud en is so 7ha groot. Die volgende vis spesies word in die damme aangetref: Karp, Bass, Barber en Kurper.

KAMP AREA MET LAPA

Die kamp area met lapa is langs een van ons privaat plaasdamme geleë. Die dam is so 40 jaar oud en is ongeveer 7ha groot. Die kamp area is langs dieselfde dam as die damhuis en ongeveer 150m daarvan af.

Die kamp area het ‘n lapa, kombuis en badkamer met bad, stort, toilet en wasbak asook 'n buitestort en buite toilet. Daar is warm water.

Bring eie drinkwater saam!

Wanneer jy die kampplek bespreek, bespreek jy die hele lapa met kombuisie asook al die kampplek. So dis baie privaat omdat jy alleen daar kamp. Daar is elektriese punte op verskeie plekke.

Vereiste oor naweke: Minimim betaling vir 4 persone, minimum 2 nagte.

BASS/PLAASHUIS

Die Plaashuis is sowat 2km geleë vanaf die damhuis en kamparea lang 'n ander dam.

Die Bass/Plaashuis is 'n bekostigbare naweek of vakansiehuis, ideaal vir hengelaars of jagters met 10 slaapplekke.

1 Dubbelkamer, 1 kamer met twee enkelbeddens, 1 kamer met 4 enkelbeddens en 'n aparte privaat rondawel vir 2 met n stort, wasbak en toilet. Alhoewel dit 'n selfsorgeenheid is, is ons huis netjies, tenvolle toegerus en baie veilig. Bring slegs jou handdoeke.

Die dam bevat Bass, Baber en Kurper.

Tariewe vir hengel en jagters verskil.

DAMHUIS & PLAAS REëLS

Welkom by Plaas Hartebeesfontein! Ons vertrou dat julle die kuier sal geniet.
Indien daar enige probleme is kom vra gerus by ons huis.

Let Wel: U betree die perseel ten volle op eie risiko. Ons neem geen verantwoordelikheid vir skade, beserings, ens nie.

KONTAK NOMMERS:

Dawid Muller: 083 863 0335

Dené Muller: 073 041 4353

Wanneer enige van die reëls oortree word sal u beboet word met 'n bedrag van R500!

REËLS:

• GEEN ROOK BINNE GEBOUE NIE
• Geen troeteldiere word die op plaas toegelaat nie
• Maak asseblief slegs vuur op die voorsiene braaiers en boma’s.
• Matrasse en beddegoed mag onder GEEN omstandighede buite geboue gebruik word nie.
• U sal verantwoordelike gehou word vir enige skade aan perseel/inhoud van perseel wat aan u voorsien is.
• Ons maak gebruik van ‘n Septic tank, moet dus geen ander voorwerpe behalwe toiletpapier daarin afspoel nie.
• Indien u die plaas wil verken kom bevestig eers of dit veilig is. Ons het gereeld jagters op die plaas en daarom is dit gevaarlik om net rond te ry of te stap.
• Maak slegs gebruik van bestaande paaie as u ry en moet nie van bestaande paaie afwyk nie.
• Moenie enige van die diere voer nie! Dit is vir u eie en hul beswil.
• Ons volg ‘n streng "Catch and Release" sisteem, tensy anders bespreek.
• U is welkom om in die damme te swem maar dit is op eie risiko. Maak seker dat daar ten alle tye toesig gehou word oor kinders.
• Ons versoek dat u alle rommel in die dromme wat voorsien word gooi. Help ons om die perseel en die natuurskoon mooi te hou. Hou die water en oewers skoon van u rommel en hengelgerei.
• Geen hout mag uit die natuur verwyder word nie.
• Geen vuurwerke word toegelaat nie.
• U word vriendelik versoek om geen vrugte van die bome te pluk binne seisoen nie.
• Maak seker dat alle hekke wat toe is weer toegemaak word wanneer u dit gebruik!